Wen ‘n matriekafskeidrok
R100.00
Wil jy op jou mooiste op jou matriekafskeid lyk? Skryf dan in om jou droomontwerp ’n werklikheid saam met ontwerper Diaan Daniels te maak
Jou matriekafskeid is ’n groot geleentheid wat net een keer in ’n leeftyd gebeur. rooi rose gee saam met modeontwerper Diaan Daniels een gelukkige meisie die geleentheid om met haar droomuitrusting ter waarde van R20 000 weg te stap.
Gaan na www.rooirose.co.za en klik op die “wen”-skakel. Volg die maklike instruksies en siedaar!
Wat moet jy doen?
Ontwerp jou eie matriekafskeidrok en laai ’n skets van jou droomuitrusting en jou gekose kleur op ons webwerf. Jy kan op die skets verdere inligting verskaf sou jy meer detail wil gee. Hoe meer inligting ons het, hoe beter kan ons jou ontwerp verstaan. Let wel, dit moet ’n skets wees en nie ’n foto of prentjie nie. Laai ook ’n vollengte foto van jouself op waar jy die Februarie-uitgawe van rooi rose vashou as bewys van aankope. (Nie ’n foto in ’n winkel nie.)
Betaal die inskrywingsfooi van R100 en beantwoord een vraag. Betaalopsie op die webwerf beskikbaar.
Sluitingsdatum: 28 Maart
Bepalings en voorwaardes:
Die top-20- inskrywings sal elk ’n afslaggeskenkbewys ter waarde van R5 000 van Diaan Daniels Couture ontvang vir matriekafskeidrokke wat gedurende 2025 by hom bestel word.
Die deelnemers wat nie die top-20 haal nie, kry ’n afslaggeskenkbewys ter waarde van R2 500 van Diaan Daniels Couture vir matriekafskeidrokke wat gedurende 2025 by hom bestel word.
Die wenner is verantwoordelik om op eie koste vir twee passings Diaan Daniels Couture in Fourways, Johannesburg, te besoek.
Finaliste sal gedurende April 2025 op rooi rose se sosiale media bekend gemaak word.
Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
rooi rose aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade of ongelukkigheid oor die ontwerp nie.

Reviews
There are no reviews yet.